‘n Woud-wens

6

Ek smag vandag na die stille rustigheid van my woud om die storm binne my te bedaar. Ek soek die klein spasies tussen die bome om aan my gemoed oop vlaktes te gee. Ek wil die geur van hoop inasem deur die veldblomme wat kophang skaam langs my in die skadu’s staan. Ek wil die sagte versekering van mos onder my voete voel, sodat dit my val sal breek. Soveel spasie op hierdie planeet van ons, maar te min ruimte vir my.

Mac

mac

n Bondeltjie vreugde lank gelede
In jou sorg toevertrou
Tussen energie en kattekwaad was dit
moeilik om hom van die witbank af te hou

Hy was daar voor die swembad
In die era van die Gti
Modder aan die sagte pote
Wat sy omkrap in die tuin verraai

Hy het sonder waarskuwing
Summier in mens se hart gestap
Familie, vriend, wie jy ookal is
Het hy diep spore in jou lewe getrap

Altyd stertswaai bly om jou te sien
Jou moeg weg te troos aan die einde van n dag
Jou met sy lewe op te pas
Deur die donker ure van die nag

Gesien hoe jy trou en kinders kry
Getuie vir elke seisoen in jou lewe
Hy het onvoorwaardelik liefgehad
En net so vinnig sonder oordeel vergewe

Knipoog gesit glimlaggend in die reen
Die lewe een fantastiese fees
Nou is die spasies onuithoudbaar leeg
Daar waar hy moes wees

Sonder sonde, jou beste vriend
Sielsgenote inmekaar verweef
Dankie dat my menswees ook
Vir n rukkie langsaan syne kon leef

Hy is weg maar nie vergete
Voluit gelewe sonder berou
Van ons almal beter mense gemaak
Dis hoe ons vir Mac sal onthou

Lekker verjaar ou seun. Ons mis jou.

‘n Woord verlange

Ek wens ek kon hierdie boek volskryf. Ek wens die woorde wou terugkom. Tussen hierdie bladsye het ek baie ouer geword, maar nog nie grootgeword nie. Ons breek mekaar as kinders, en dan verstaan ons nie waar stukkende grootmense vandaan kom nie ..

The Bird Whisperer

Met hande uitgestrek na Bo
Laat jy n lewe vry
Jy gee Sy kinders terug vir Hom
En maak só jou God bly

Met liefde en sorg ontferm jy jou
Oor elke voël wat jy kan red
Die druk en die soen op die duif se kop
Jou manifestering van gebed

Kos en water, n warm bed
Elke talent het perke
Maar jy is lankal aan vere gewoond
Want jy dra engelvlerke

Jesus het jou met n doel gekies
Om vir Sy kinders te fluister
Die klank van jou stem is soos musiek
Waarna die voëltjies luister

Met hande uitgestrek na Bo
Laat jy n lewe vry
Ek is so trots op jou my ma
Wens ek was meer soos jy

Paint it Black

Ek dink dit is tyd dat ek hierdie Spooklaghuis van my afstof, opknap en hierdie spasie weer leefbaar maak. Ek gaan deur lae verf moet krap, ek gaan soms moet skuur en skaaf en wysig, en dit mag seer wees, maar dis nodig sodat ek weer by die oorspronklike ek kan uitkom. Soms pas n masker so gemaklik, dat jy vergeet dat jy dit dra. Ek glo nie dit gaan maklik wees nie, maar wie weet, net miskien is dit die moeite werd.

Life is a Gift

 

Ek lees vroeër die week dat Godsdiens soos n buffet-ete is, mense vat waarvan hulle hou en los die res. Baie waar woorde, maar die lewe werk nie so nie, né? Dis so maklik om in n verhouding vir jou maat te se: jy vat my 100% of jy los my 100%, want ons is met niks minder tevrede nie. Maar tog verwag ons Hy, ons gewer van lewe, moet met minder tevrede wees? Ek verstaan nie hoe ons koppe werk nie?

Wat ek wél weet, al voel dit nie altyd so nie, die lewe is n geskenk. Mens dink soms jy het soveel probleme. Kan ek eerlik wees? Ek het issues, derduisende, maar issues is nie probleme nie. Daar is n baie groot verskil.

Ek het vandag weer die volgende besef: (1) selfs rock-bottom kom met iets positiefs, want die enigste pad wat oorbly is boontoe (2) die krag van gebed moet nooit onderskat word nie en (3) om n keuse te hê is eintlik n luxury opsigself, want mense met keuses het opsies, en opsies beteken jy is beter af as iemand wie glad nie n keuse het nie.

My gedagtes is nie georden nie, ek rammel die sinne hierso af as n ‘note to self for future reference’ .. maar ek moes dit iewers bêre. Indien jy dalk hier lees, wie jy ookal is, ek bid vir jou n geseende dag toe. Mag jy die omgee en liefde van ander mense in jou lewe voel, raaksien en ervaar. Waardeer dit, al daardie imperfect imperfections wat mense maak wie en wat hulle is. Sê dit vir hulle, wys dit vir hulle .. net miskien is jy vandag die verskil in iemand se lewe wie dit baie nodig het, al weet jy dit nie.

March 31 #TR

Some souls cross one’s path for a reason. They are never to be seen or heard of, yet there presence in your life is tangible.

Their kind is hard to find in this modern wasteland we live in, but once the connection has been made, it cannot be undone, for they are bound by the loyalty that runs trough their veins.

Silent protectors I call them. Like fireflies in the dark of night, shedding just enough light to guide your feet on the path ahead, but dim enough not to expose you to the outside world.

They never demand anything from you. They unconditionally accept the facelessness of the nobody that you have become, because they never give up on the somebody they once knew.

They understand that light, however beautiful, can be blinding. But they are also wise enough to know that your eyes can get used to the darkness, that it will not leave your vision impaired.

Searching for shelter from the storm, in the cold of the night, I kneel under a few dark leaves spread open above me. I notice that a new day has dawned, that somehow the rays of the rising sun succeeded in finding me.

When I open my eyes and look up, the branched leaves which sheltered me from the rain during the night, retracts as you pull back the black feathers of your wing which protected me from the storm.

Thank you .. for being who you are without being there.

May your birthday be blessed, may you always find beauty in the darkness without losing yourself, and may you and your loved ones be privileged enough to spend ‘the rest of forever which He has intended for you’ together.

I value your friendship.