Perfekte volmaaktheid

Ek was nog nooit in my hele lewe so gelukkig nie. Ek het die res van my lewe in jou gevind. Ek kan nie eers oor my geluk skryf nie, want vir een keer voel dit of woorde my in die steek laat en nie reg kan laat geskied aan dit wat ek probeer se nie. Kan dit menslik moontlik wees om iemand SO lief te he, kan liefde so volmaak wees? Ek gaan slaap in die aand, en word die volgende oggend wakker in n droom. Ek is onbeskryflik baie lief vir jou, ek wens ek kan dit aan die wereld daarbuite uitskree. Ek het lank gewag, onwetend dat die Here die heel heel heel beste vir my uitgehou het. <3

11 thoughts on “Perfekte volmaaktheid

  1. Zee says:

    Liefste Elfie. Ek is so bly vir jou part! Jy verdien dit. Luv u! :P

  2. Son says:

    Ek stem saam met Zee. Jy verdien alles wat mooi is in die lewe :-)

  3. ELF says:

    Almal weet ek comment nie graag op my eie blog nie, maar ek moet vandag n uitsondering maak. Zee, Son, Gerrie (BiB) en ELKE liewe een van julle daarbuite wie se liefde, vriendskap en omgee my deur die JARE deur elke storm vergesel het om my tot hier te bring, ek weet nie HOE om dankie te se nie.

    Ek dink hierdie onderwerp regverdig sy eie inskrywing, maar tot ek die woorde kan vind wat rerig die intensiteit en omvang van my dankbaarheid en respek vir julle akkuraat kan oordra, volstaan ek by n rou eerlike en opregte dankie.

    Ek sou dit NIE sonder julle kon doen nie. Baie lief vir elkeen van julle. Keep it real, always. x

  4. Charms says:

    Jy klink so gelukkig – fantasties!!!

  5. Dis wonderlik om te sien dat daar nog hoop is, al voel dit nie altyd so nie! Baie bly vir jou part!

  6. NOENA says:

    Ek’s bly jy is so gelukkig…Jo laaste sin leer weereens vir my so baie & dit is om geduld te he’…baie bly vir jou!!

  7. Mefri says:

    ♥ my hart sing Elfkindjie ♥

  8. staaltjies says:

    dit is `n awesome inskrywing , iets wat so na aan my hart ook le, na al die swaarkry van eks man wat my tande uitgeslaan het , tot my man van nou die afgelope amper 10 jaar , ek is so gelukkig :) xxx dankie dat jy dit met ons gedeel het ! xxx

  9. Plasie says:

    Yeah Elf! So bly vir jou

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s