Ek was nog nooit in my hele lewe so gelukkig nie. Ek het die res van my lewe in jou gevind. Ek kan nie eers oor my geluk skryf nie, want vir een keer voel dit of woorde my in die steek laat en nie reg kan laat geskied aan dit wat ek probeer se nie. Kan dit menslik moontlik wees om iemand SO lief te he, kan liefde so volmaak wees? Ek gaan slaap in die aand, en word die volgende oggend wakker in n droom. Ek is onbeskryflik baie lief vir jou, ek wens ek kan dit aan die wereld daarbuite uitskree. Ek het lank gewag, onwetend dat die Here die heel heel heel beste vir my uitgehou het. <3