jy het my lief ..
met oë wat verby my foute kyk
met ore wat baljaar op die frekwensie van my plaas-aksent
met hande wat aan my gewrigte vashou wanneer ek laat gaan
met ‘n neus wat die somerreën van my siel kan waardeer
met ‘n mond wat onuitgesproke sinne teen my eie voltooi
.. ek het jou lief

Bless. x
My hart huppel sommer vir jou onthalwe. SO mooi geskryf!
Jy het my lief… ek het jou lief. Sulke bedrieglik eenvoudige woordjies, met ‘n leeftyd se geluk daarin opgesluit. Elf – jy verdien elke lief-oomblik
Dis al wat elkeen van ons nodig het!
Beautiful!