jy het my lief ..
met oë wat verby my foute kyk
met ore wat baljaar op die frekwensie van my plaas-aksent
met hande wat aan my gewrigte vashou wanneer ek laat gaan
met ‘n neus wat die somerreën van my siel kan waardeer
met ‘n mond wat onuitgesproke sinne teen my eie voltooi
.. ek het jou lief
