Ek het baie fotorame van jou. Hulle lyk almal so .. leeg.
Die foto’s is lank reeds ontwikkel, ‘coz you are the part of me I like the most’. Maar ek het die foto’s diep genoeg weggebêre dat ek eers daarna sal moet soek.
Opsetlik.
Want ek is bang om hulle in daardie rame te plaas. Bang om te glo jou liefde is waar, om te glo jy is rêrig.
Jou gesig is my son, maan en sterre. Dis my asem. Die klop in my hart.
Maar n leë fotoraam bly makliker om aan vas te hou. Die bang is nét te groot ..

Is ons nie almal maar bang nie? ((E))
Somtyds moet mens ‘n sprong waag om gered te word. Ek dink dit het tyd geword dat jy glo en spring, liewe Elfie