Leë fotorame

Ek het baie fotorame van jou. Hulle lyk almal so .. leeg.

Die foto’s is lank reeds ontwikkel, ‘coz you are the part of me I like the most’. Maar ek het die foto’s diep genoeg weggebêre dat ek eers daarna sal moet soek.

Opsetlik.

Want ek is bang om hulle in daardie rame te plaas. Bang om te glo jou liefde is waar, om te glo jy is rêrig.

Jou gesig is my son, maan en sterre. Dis my asem. Die klop in my hart.

Maar n leë fotoraam bly makliker om aan vas te hou. Die bang is nét te groot ..

Reën Oor My

I love you more than my own mind is able to comprehend. Ons trane het saamgevloei en ‘n stroom gevorm wat ons teruggebring het na mekaar toe. Ek voel weer mens, die lewe het weer sin en betekenis en my hart is weer heel omdat jou helfte dit voltooi. xx

Reën Oor My

[Artist: Quentin Prinsloo]

Voel jy die nag, voel jy die wind, voel jy die reën
Voel jy soos ek, voel jy my asem, jy’s nie meer alleen
Ek verdrink in jou trane, in die blou wat my kom haal

En jou liefde reën oor my
Bly by my, die nag is verby
In jou trane staan en wag jy alleen vir my
Reën oor my
Ek hou jou vas, ek lewe vir jou
Dis my hart se hooggety
Jy reën oor my

Ek weet dis koud daar waar jy was, ver hiervandaan
Hier is die son, hier is die lewe, waar ookal ons gaan
Ek is vas aan jou woorde en jou hart wat my verstaan

En jou liefde reën oor my
Bly by my, die nag is verby
In jou trane staan en wag jy alleen vir my
Reën oor my
Ek hou jou vas, ek lewe vir jou
Dis my hart se hooggety
Jy reën oor my

Reën oor my hart
Jy is myne
Reën oor my siel
Ek leef vir jou

En jou liefde reën oor my
Bly by my, die nag is verby
In jou trane staan en wag jy alleen vir my
Reën oor my
Ek hou jou vas, ek lewe vir jou
Dis my hart se hooggety
Jy reën oor my

Dis my hart se hooggety
Jy reën oor my ..