Hoe kan die gewiglose leegheid hierbinne my dan loodswaar weeg?
Dit is n voorreg om te kan voel, mens besef dit nie altyd nie.
Mense se tyd genees. Ek stem nie saam nie. Ek dink dit kondisioneer jou net om gewoond te raak aan dit wat nie gaan verander nie.
Tyd laat jou ook nie vergeet nie. Inteendeel. Tyd staan met n yskoue pistool in sy hande, gelaai met memories wat hy op presies die regte oomblik afvuur, wanneer die byvoeglike naamwoord ‘trigger’ verander in n werkwoord ..

Die niks hierbinne word al hoe swaarder. Trek my af, dieper, verder .. onder die water.
Ek steek my hand bo die water uit .. help my?!
En ek sit op die rand en kyk na myself spartel daaronder, ek sien my hand, maar ek wil dit nie vat nie.
Save me from myself .. prewel ek saggies. Ek verdwaal in hierdie leegheid, die groot niks sluk my in.
Dit remind my aan my laaste inskrywing – seems we are sharing very similiar feelings..
‘Too true’ oor tyd wat jou kondisioneer. Wanneer tyd nie genees nie, is wanneer jy genade moet gebruik om jouself te genees. “Earth has no sorrow that Heaven cannot heal”
“Tyd laat jou ook nie vergeet nie.” – ek het lanklaas woorde gelees wat so waar is.