Ek staan en kyk anderdag in die Mall weer hoe die kinders spookasem maak. n Stokkie wat al in die rondte gedraai word, om en om en om, en voor jy jou kom kry sit jy met n bol pienk watte in die hande. Iets van niks .. en as jy dit in jou mond sit .. niks van iets. Hmm ..
My gedagtes maak vanaand so. Soos daardie stokkie wat al in die rondte draai in my kop, en stukkies emosies en flentertjies gedagtes optel en versamel .. totdat ek met n sak vol letters sit, soos Scrabble, en hulle een vir een moet uitpak om vir my sin te maak.

My stokkie rondomtalie in die silver bak. Versamel asems van spoke. Wens ek kon beklemtoon dat dit als behalwe slim woordspeling is ..
Soos daardie spookasemstokkie, praat ek ook in sirkels, om en om .. rondom dit wat ek eintlik wil se.
Daar is so gesegde wat se dat ‘verandering die enigste ding is wat dieselfde bly’ .. dis waar. As iemand bv gewig verloor, maar jy sien die persoon elke liewe dag, besef jy nie die impak van die fisiese verandering soos iemand wat die persoon net elke kwartaal sien nie.
Maar wat as JY self beide die deelnemer en die toeskouer word. Wat as jy self soveel verander het dat jy op n dag stilstaan en wonder .. wie is die persoon wat jy geword het?
Wat as jy nie van daardie persoon hou nie? Wat as jy haar nie meer herken nie? Wat .. hmm .. wat as jy nie weet hoe om haar te ontsnap of alternatiewelik te bevry nie?
Hoe baklei mens vir die behoud van jouself as jy vergeet het waarvoor jy staan? Hoekom spandeer mens tyd en energie aan daardie iemand in jou as tyd reeds bewys het dat die menswees in jou nie genoeg vir ander weeg nie? Hoekom uit jou grense probeer losbreek as jou mond en hande reeds met ductape vasgebind is, want niks wat jy doen of se het enige impak of betekenis aan ander nie?
Ek besef opnuut hoe mens deur duisend omgee-hande vasgehou kan word .. and yet be alone in yourself. Dis soos wanneer die vier hoeke van die suiderkruis jou koördinate vervang met die vier letters: L O S T ..
What, indeed, have I become? Ek onthou jou .. in die mens wie ek eens was .. vir jou.
en net weer – help jy om woorde te maak v d . . .stukke in my wat ronddryf. . .
dankie dat ons op dieselfde page is? nee – wens dit was anders. . .n ander hoofstuk, n ander boek – vir dai matter n ander biblioteek. . .
maar – dankbaar, dis JY. . .langs my.
jy met d tower woorde. . .
Hoe absoluut pragtig is jou skrywe Elfkindjie. Ek het dit hardop gelees en ek kon die lewenswaarhede soos reënboogstrale in my eie lewe identifiseer. Mens verloor nie jouself nie, ons moet net mooi tussen die nuwe lote kyk om die stam te herken. Lote wat soms gesnoei moet word om gesonde groei voort te bring, veroorsaak pyn, maar as dit begin vrug dra was die seer so die moeite werd gewees.
Ek het r ‘n storie geleef van ‘n vrou wat haarself as ‘n gekraakte kleipot gesien het, en vrede daarmee gemaak het. Want weet jy wat, dis deur die krake dat Sy lig kan skyn en die wêreld ‘n beter plek vir ander maak…