‘n Grepie uit 12 Julie

Daar is min dinge so mooi soos n warm Wintersdag in my wereld. Dis windstil en die blaredak bokant my is bewegingloos, asof die bome self sluimer in die son. Alles hier in die woud vertoon groener as gewoonlik. Die moskombersie is fluweelsag, asof dit die natuur se weergawe van n rooi (in hierdie geval groen) tapyt is vir die bosfeetjies.

Ek het lus om bietjie te gaan wandel tot op die koppie waar ek oor n gedeelte van die woud kan uitkyk. As jy daar staan is dit soos om op jou eie wolkie bokant die woud te sweef, alles van bo af raak te sien.

Ek gaan terug in my Spooklaghuis en roep vir Asjas of hy wil saamstap, want lente het kom kuier. Hy rek homself stadig en met ‘n lang gaap uit, asof hy n punt wil maak dat ek die rede is waarom sy slaap nou versteur is. Ek maak asof ek nie notisie neem nie, maar glimlag by myself toe ek hom uit die hoek van my oog vinnig op sy voete sien kom toe ek die kamera optel.

Asjas weet al, die kamera beteken ons gaan stadig stap en plek-plek talm. Vir hom spel dit avontuur, want dan kry hy die kans om ‘onder toesig’ sy horisonne (letterlik en figuurlik) te verbreed. Meneer is mos dapper, maar as die kraak van n takkie onder sy kussing-voetjies hom onkant vang is hy baie dankbaar om daar en dan by sy ma aan te sluit en styf teen haar te stap (asof niks natuurlik gebeur het nie).

Uiteindelik kom ons by ons geliefde uitkykpunt aan. As jy nader stap lyk dit net soos n opte-tjie, maar die steilte van die helling word eintlik verbloem deur die omliggende plantegroei en bome. Daar is n paar groot rotse wat soos rondlê-speelgoed lyk asof hulle net daar neergesit en vergeet is. In die middel is daar n oopte met sagte gras en n paar fyn veldblommetjies net om die prentjie af te rond.

Ek gooi die kombers oop en gaan sit met my een been onder my ingevou, die ander een reguit. Ek kyk om my rond en n te(vrede)nheid kom sit in my binneste. My oe volg die kontoere wat rondom my uitgestrek le soos n ou hand wat n potloodskets se buitelyne voltooi. Ek asem diep in: dit bly darem mooi.

My aandag verskuif na die kamera wat eenkant le. Ek het n paar mooi foto’s op pad hierheen geneem waarna ek vlugtig weer wil kyk – nie van die omgewing nie, maar van detail: stukkende boombas, n mos-bedekte klip, n verharde blaar waarvan slegs die aar-vertakking oorgebly het .. dan voel ek skielik iets pluk aan die kamera se tou wat om my hand gedraai is. Ek kyk af en daar le Asjas op die naat van sy rug en rol, besig om met sy uitgestrekte poot na die toutjie te kap-kap. ‘Lekker lawwe ding jy!’ se ek vir hom en vryf spelerig sy sagte magie.

Oomblikke soos hierdie: waarom kan hulle nie vir altyd hou nie? Eenvoud, sonskyn en dankbaarheid. En n wegkruipplekkie wat oor die boomtoppe kan uitkyk, waarvan net ek en Asjas weet in die hier en nou.

Daar is min dinge so mooi soos n warm Wintersdag in my wereld.

7 thoughts on “‘n Grepie uit 12 Julie

  1. abudantiaz says:

    Dis mooooi – jy kan enige tyd my wereld inkleur met jou woorde.
    x

  2. Son says:

    Die dae is skielik mooi en warm, maar nou wonder ek… wanneer kom die storm!?

  3. Charms says:

    Jy laat my ook sommer rustig voel en in my verbeelding was ek ‘n rukkie in jou woud.

  4. Mefri says:

    ASEMSNAK-PRAGTIG …. sjoe, dis seker die mooiste foto wat hierdie bruin oë van my in jare aanskou het. Ek het jou skrywe verskriklik baie geniet! Dankie, ek voel sommer snoesig en sag van binne. Doen so voort seblief.

  5. Zee says:

    WOW Elfie, ek sou wat wou gee om ook so ‘n plekkie te kon hê waar ek kan wegraak van alles. :P

  6. Salwende woorde! En ek het lank stilgestaan by die foto. Dis asof dit magies is en my hipnotiseer hoe langer ek daarna staar.

  7. asaaiman says:

    Moet se dis ‘n pragtige prent. Ek voel om so alleen te sit of erens op ‘n eiland te gaan woon waar ek niemand ken nie…Pragtige skryf stuk

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s